Bladsye

29 Junie 2021

HALLO, WELKOM BY MY EERSTE BLOGINSKRYWING

isorepublic.com

Hierdie is my nooiensvaart in die see van internet. Ek droom al lank daarvan om 'n Blog te begin. Ou dagboeke, hardeskywe en notaboekies is vol idees wat verdwyn het onder stof en spinnerakke, want dit is intimiderend om jouself bloot te stel aan moontlike kritiek.

WAAROM EK MY BLOG BEGIN HET

Ek werk vir 'n groot Universiteit in Noord-Wes en my pos behels hoofsaaklik linkerbrein-georiĆ«nteerde take. Ek is egter regterbrein dominant. Met my loopbaan by die Universiteit en na die geboorte van my 3 pragtige kinders, het my lewe so vol geraak dat ek uit die Vroue Landbou-unie moes bedank. Die VLU het vir beina 10 jaar gesorg vir baie kreatiewe projekte en uitdagings. 

Daarom het ek besluit om my Blog te gebruik as 'n geleentheid om my kreatiwiteit te herontdek en uit te leef. Ek sien dit as 'n geleentheid om weer balans in my lewe te vind. 

WIL JY GRAAG WEET OF JY LINKER- OF REGTERBREIN DOMINANT IS? 


Neem hierdie 30 sekonde toets:


WAT JY IN MY BLOG-ARTIKELS SAL VIND

In my artikels deel ek graag met jou hoe ek groei in my verhouding met God, algemene praktiese wenke, resepte, handwerk projekte, kreatiewe idees en nog vele meer. 

Ek is nie 'n skrywer nie en my artikels is nie taalversorg nie. Hierdie is 'n informele ruimte waar ek myself kan wees en my kreatiwiteit kan deel.

Welkom by my Blog.



In die kollig

HALLO, WELKOM BY MY EERSTE BLOGINSKRYWING

isorepublic.com Hierdie is my nooiensvaart in die see van internet. Ek droom al lank daarvan om 'n Blog te begin. Ou dagboeke, hardeskyw...

Gewilde artikels